Naggholf en 35 jaar feesvieringe is hier! Die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie, asook die 35 jaar feesvieringe van Hoërskool Kanonkop is uiteindelik hier! Alles is gereed vir die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie Vrydagaand. Die hekke open Vrydag reeds om 14:00 vir oudleerders met ’n middag en aand vol vermaak en aktiwiteite. Die gholfakademie se amptelike verrigtinge en lintknipseremonie begin om 18:00. Hiertydens sal die Bulldogs rugbyspan ook hul spandrag ontvang. Afslaan is om 18:30. Die naggholf-inskrywings beloop R150 per persoon en as jy nog jou plek wil verseker, stuur vir Dirkie Strydom (071 687 3909) of Nico Hough (071 290 7627) ‘n WhatsApp. Daar sal boereworsrolle teen R40 en skaapspitbroodjies teen R80 te koop wees, asook iets vir die soettand. Besoekers kan ook ’n beker met die skool se wapen op laat druk by een van die stalletjies. Boonop is daar Wifi beskikbaar vir almal wat saamkuier! Nico Hough sorg dat almal Wifi het w...
Posts
Showing posts from September, 2026
- Get link
- X
- Other Apps
KHS gereed vir naggholf en 35-jaar feesvieringe Die opwinding bou op by Hoërskool Kanonkop vir die groot feesvieringe op 18 September, wanneer die nuwe E-Golf Gholfakademie amptelik geopen word en die skool sy 35ste bestaansjaar vier. Die hekke open reeds om 14:00, met ’n program wat vir die hele gesin iets bied. Nico Hough en sy span, asook Dirkie Strydom en Rudi Geyser verlede week afgeneem waar hulle besig was met die laaste afronding by die kuierarea van die naggholfbaan. Amptelike opening Die amptelike opening van die gholfakademie met die lintknipseremonie en bedankings word vanaf 18:00 gedoen. Daar is pas ook verklap dat die Bulldogs-rugbyspan se klere-oorhandiging deel van die verrigtinge sal uitmaak. Vermaak vir oud en jonk Die gewilde sanger, Daniel Hoffman, sal die hele middag en aand vir vermaak sorg. Daniel Hoffman. Skaapspit- en worsbroodjies, asook drankgeskenkpakke en bierpong-emmers sal te koop wees. ’n Stalletji...
- Get link
- X
- Other Apps
Van Kanonkop na Amerika: Elmarie dra Swartleeus steeds in haar hart Hoewel dit al 12 jaar is sedert oud-onderwyseres Elmarie van Dyk Hoërskool Kanonkop gegroet het om saam met haar man, Hekkie, na die Verenigde State van Amerika te emigreer, bly die skool steeds 'n besondere deel van haar lewe. Elmarie was vanaf Januarie 2007 tot Augustus 2014 deel van die Kanonkop-familie en beskryf dié tyd as die hoogtepunt van haar onderwysloopbaan. Sy vertel dat sy haar geleentheid by Kanonkop aan oudhoof Ben de Klerk te danke het, wat haar as 'n laerskool-wiskundeonderwyseres die kans gegee het om by die hoërskool klas te gee. "Hoërskool Kanonkop se personeel en leerders word uit die beste hout gekerf. Dit is 'n mengsel van baie spesiale, omgee-mense wat baie vinnig diep in my en my hele gesin se harte ingekruip het." By Kanonkop het sy Wiskunde vir graad 8 tot 10, Lewensoriëntering vir graad 10 en Rekeningkunde vir graad 9 aangebied. Sy was ook die skool se bemarker. ...