Naggholf en 35 jaar feesvieringe is hier!

Die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie, asook die 35 jaar feesvieringe van Hoërskool Kanonkop is uiteindelik hier!

Alles is gereed vir die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie Vrydagaand.

Die hekke open Vrydag reeds om 14:00 vir oudleerders met ’n middag en aand vol vermaak en aktiwiteite.

Die gholfakademie se amptelike verrigtinge en lintknipseremonie begin om 18:00. Hiertydens sal die Bulldogs rugbyspan ook hul spandrag ontvang.

Afslaan is om 18:30.

Die naggholf-inskrywings beloop R150 per persoon en as jy nog jou plek wil verseker, stuur vir Dirkie Strydom (071 687 3909) of Nico Hough (071 290 7627) ‘n WhatsApp.

Daar sal boereworsrolle teen R40 en skaapspitbroodjies teen R80 te koop wees, asook iets vir die soettand. Besoekers kan ook ’n beker met die skool se wapen op laat druk by een van die stalletjies.

Boonop is daar Wifi beskikbaar vir almal wat saamkuier!

Nico Hough sorg dat almal Wifi het wat by die E-Golf Gholfakademie kom kuier.

Daniel Hoffman sal vir vermaak sorg, terwyl die jonger besoekers ’n springkasteel, gesigverf en ’n speelgoedstalletjie kan geniet.

·      *  Een van die borge, Jaco Prinsloo van Destrilinx Stainless (Pty) Ltd en sy span, het ’n draai by die gholfakademie gemaak en sien ook uit na die eerste naggholf. Destrilinx voorsien die vlekvrye staal-grawe en -aanstekers wat tydens die opening vir die vure gebruik sal word.


Aaron Skosana, Martin Fernandes en Jaco Prinsloo (eienaar), van Distrilinx Stainless, saam met Dirkie Strydom en Rudi Geyser, van Hoërskool Kanonkop.

Gholfakademie gaan KHS-spelers se gholfvaardighede opskerp

Hoërskool Kanonkop se gholfspelers staan op die drumpel van ’n nuwe hoofstuk, met die nuwe gholfakademie wat ’n permanente plek op die skoolterrein kry.

Die skool sien daarna uit om hande te vat met oudleerder Nico Hough, wat die afgelope 12 weke hard gewerk het om die nuwe negeputjie-Par 3-baan te ontwikkel.

Nico Hough het die E-Golf Gholfakademie ontwikkel.

Die doel is nie net om leerders die geleentheid te gee om hul gholfvaardighede te verbeter nie, maar ook die res van ons Middelburg gemeenskap ‘n geleentheid te bied om spanbou te doen.

Die skool bedank graag vir Nico dat hy sy hart oopgemaak het vir die leerders van KHS om ’n fasiliteit te skep wat ook hulle ten volle kan benut.






*


*

 


Comments

Popular posts from this blog