Posts

Showing posts from August, 2026
Image
'N VRIENDSKAP WAT DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN  Van Swartleeu skakelpaar tot teenstanders langs die rugbyveld Twee oudleerlinge van Hoërskool Kanonkop, wat reeds van hul laerskooldae af vriende is, het jare gelede saam rugby gespeel en staan nou as afrigters weerskante van die rugbyveld! Eduan van den Heever (nou ’n onderwyser aan Hoërskool Durbanville) en Werner Botha (onderwyser by SACS - South African College Schools) in Kaapstad is beide afrigters van hul skole se o.15A rugbyspanne. Werner Botha en Eduan van den Heever. Vriende van kindsbeen af Die vriendskap tussen Eduan en Werner strek terug vanaf hul laerskooldae tot by Hoërskool Kanonkop, waar hulle in 2006 matriek geskryf het. Vandaar het hulle ook saam by die Pukke (Noordwes Universiteit) gaan studeer. Hul loopbane het hulle later weer by skole uitgebring, met Eduan wat tans IGO by Hoërskool Durbanville aanbied en Werner wat Afrikaans by SACS onderrig. Volgens Eduan het hul vriendskap reeds in hul skooljare sterk w...
Image
Oud Swartleeu Gerhard Swarts se merkwaardige reis Vir baie mense sou ’n ernstige rugbybesering en rolstoel die einde van hul drome beteken. Vir oud-Swartleeu Gerhard Swarts, wat in 2006 aan Hoërskool Kanonkop gematrikuleer het, was dit egter die begin van ’n merkwaardige reis van deursettingsvermoë, moed en sukses. Gerhard se lewe het drasties verander toe hy in graad 9 sy nek gebreek het tydens ’n rugbywedstryd teen Hoërskool Dr. Malan van Meyerton. Tog het hy geweier om hom deur sy omstandighede, ’n lewe in ’n rolstoel, te laat definieer. “Ek ondersteun nog altyd die underdogs . Ek hou daarvan om by ’n rugbyspan te wees wat as die underdogs beskou word. Wanneer jy so ’n hoë spinale besering het, voel jy self soos die underdog . En die ander teorie is dat jy in elk geval moet slaap en wakker word, so doen iets terwyl jy nog op aarde is.” vertel hy. “Baie van die mense het my half afgeskryf, en ek het dit as motivering gebruik.” Hy sê Hoërskool Kanonkop het ’n groot invloed ...
Image
Naggholf en 35 jaar feesvieringe saam met Daniel Hoffman! Almal wonder wat aan die gang is by Hoërskool Kanonkop, want daar word gebou en gras geplant dat dit klap! Daar heers groot opgewondenheid by die skool, want op 18 September open die nuwe E-Golf Gholfakademie amptelik met 'n unieke naggholf-aand dwarsdeur die nag. Boonop kan al die skool se oudleerlinge vanaf 14:00 saam kom kuier met die 35 jaar feesvieringe wat langs die gholfakademie op die veld gehou sal word! Die immer gewilde sanger en TV-aanbieder, Daniel Hoffman, sal vir vermaak sorg. Hy het bekendheid verwerf met treffers soos: Hier by My , Soen my op my Boepensie en Doringdraad Daisies . Daniel Hoffman sal vir vermaak sorg tydens die naggholf en 35 jaar feesvieringe by KHS. Van skietbaan tot gholfakademie Oudleerling Nico Hough staan aan die stuur van die ontwikkelingsprojek van die gholfakademie. Die gholfakademie word ontwikkel op die area langs die B-veld waar die skietbaan voorheen was. Nico vertel ...