Naggholf en 35 jaar feesvieringe saam met Daniel Hoffman!
Almal
wonder wat aan die gang is by Hoërskool Kanonkop, want daar word gebou en gras
geplant dat dit klap!
Daar
heers groot opgewondenheid by die skool, want op 18 September open die nuwe
E-Golf Gholfakademie amptelik met 'n unieke naggholf-aand dwarsdeur die nag.
Boonop kan al die skool se oudleerlinge vanaf 14:00 saam kom kuier met die 35 jaar feesvieringe wat langs die gholfakademie op die veld gehou sal word!
Die immer gewilde sanger en TV-aanbieder, Daniel Hoffman, sal vir vermaak sorg.
Hy het bekendheid verwerf met treffers soos: Hier by My, Soen my op my Boepensie en Doringdraad Daisies.
| Daniel Hoffman sal vir vermaak sorg tydens die naggholf en 35 jaar feesvieringe by KHS. |
Van skietbaan tot gholfakademie
Oudleerling
Nico Hough staan aan die stuur van die ontwikkelingsprojek van die
gholfakademie.
Die gholfakademie word ontwikkel op die area langs die B-veld waar die skietbaan voorheen was.
Nico
vertel dat hy destyds, as leerling van die skool in 1993, gehelp het om die
skietbaan te bou.
"Ons
het gedurende LO-periodes gehelp om stene aan te dra!"
Die baan
het in 2002 gesluit toe .22 skiet by die skole nie meer toegelaat is nie.
Nico het in 1997 gematrikuleer.
Dit is vir hom 'n besondere voorreg om die area vir die gholfakademie te
ontwikkel.
"Benewens
die dryfbaan (driving range), sal daar ook 'n chipping area, 'n putting
green en bunkers greens wees."
| KHS oudleerling, Nico Hough, en sy pa, Henry by die area wat 'n dryfbaan (driving range) tans in aanbou is. |
Meer as net gholf
Dit is
egter nie net Kanonkop se jong gholfspelers wat by die nuwe fasiliteit gaan
baat vind nie.
Nico sê
die gholfakademie sal ook vir die res van die Middelburg-gemeenskap beskikbaar
wees.
"Dit
is 'n ideale geleentheid vir spanbou."
Hy verklap dat hy reeds oorweeg om 'n verligte putt-putt-baan langs die gholfakademie te ontwikkel.
Daar word verder 'n pawiljoen gebou vir ondersteuners en almal kan tot laat in die nuwe klubhuis nuwe vriendskapsbande smee.
Naggholf
en saamkuier vir oudleerlinge!
Tydens
die amptelike opening sal die res van die terrein onder trektente ingerig word
waar oudleerlinge lekker saam kan kuier.
Alhoewel
almal reeds vooraf vir die amptelike opening se naggholf kan inskryf, sal daar
die aand ook geleentheid wees vir oudleerlinge om teen 'n fooi saam naggholf te
speel.
Inskrywings vir die gholf beloop R150 per persoon. Dit sluit die gholf, 'n broodjie met skaap wat op die
spit gebraai is, en 'n drankie in.
Spelers sal bly wees om te hoor dat daar R5 000 op die spel is vir 'n gelukshou (hole-in-one) op putjie 1.
Oudleerlinge wat nie hul hand aan gholf wil waag nie, is welkom om hul eie braaipakkies saam te bring of 'n spitbroodjie te koop.
Braaivleisvure, broodjies en sous sal beskikbaar wees.
Daar sal ook 35 jaar mini-wynbottels te koop wees.
Vermaak vir die kleingoed
Naggholfspelers en oudleerlinge kan die kleingoed saambring, want daar is spesiale vermaak vir hulle soos 'n springkasteel en gesigverf beskikbaar.
Oral
liggies
Hierdie
is 'n geleentheid wat gholfspelers én oudleerlinge beslis nie kan misloop nie.
"Die
hele veld sal vol liggies wees! Die gholfballe is verlig en sal die hele tyd herlaai word!" vertel Nico.
Bespreek
jou plek
Maak seker om jou plek te bespreek vir die naggholf of vir die 35 jaar feesvieringe deur 'n WhatsApp te stuur vir Dirkie Strydom
by 071 687 3909 of Nico Hough by 071 290 7627.
• Spelers
en oudleerlinge wat inskryf vir Hoërskool Kanonkop se gholfdag op 17 September
by die Middelburg Buiteklub, is outomaties ook ingeskryf vir die naggholf by
die skool die volgende aand.

Comments
Post a Comment