Posts

Image
Naggholf en 35 jaar feesvieringe is hier! Die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie, asook die 35 jaar feesvieringe van  Hoërskool Kanonkop  is uiteindelik hier! Alles is gereed vir die amptelike opening van die E-Golf Gholfakademie Vrydagaand. Die hekke open Vrydag reeds om 14:00 vir oudleerders met ’n middag en aand vol vermaak en aktiwiteite. Die gholfakademie se amptelike verrigtinge en lintknipseremonie begin om 18:00. Hiertydens sal die Bulldogs rugbyspan ook hul spandrag ontvang. Afslaan is om 18:30. Die naggholf-inskrywings beloop R150 per persoon en as jy nog jou plek wil verseker, stuur vir Dirkie Strydom (071 687 3909) of Nico Hough (071 290 7627) ‘n WhatsApp. Daar sal boereworsrolle teen R40 en skaapspitbroodjies teen R80 te koop wees, asook iets vir die soettand. Besoekers kan ook ’n beker met die skool se wapen op laat druk by een van die stalletjies. Boonop is daar Wifi beskikbaar vir almal wat saamkuier! Nico Hough sorg dat almal Wifi het w...
Image
  KHS gereed vir naggholf en 35-jaar feesvieringe Die opwinding bou op by Hoërskool Kanonkop vir die groot feesvieringe op 18 September, wanneer die nuwe  E-Golf Gholfakademie  amptelik geopen word en die skool sy 35ste bestaansjaar vier. Die hekke open reeds om 14:00, met ’n program wat vir die hele gesin iets bied. Nico Hough en sy span, asook Dirkie Strydom en Rudi Geyser verlede week afgeneem waar hulle besig was met die laaste afronding by die kuierarea van die naggholfbaan.   Amptelike opening Die amptelike opening van die gholfakademie met die lintknipseremonie en bedankings word vanaf 18:00 gedoen. Daar is pas ook verklap dat die Bulldogs-rugbyspan se klere-oorhandiging deel van die verrigtinge sal uitmaak.   Vermaak vir oud en jonk Die gewilde sanger, Daniel Hoffman, sal die hele middag en aand vir vermaak sorg. Daniel Hoffman. Skaapspit- en worsbroodjies, asook  drankgeskenkpakke en bierpong-emmers sal te koop wees. ’n Stalletji...
Image
  Van Kanonkop na Amerika: Elmarie dra Swartleeus steeds in haar hart Hoewel dit al 12 jaar is sedert oud-onderwyseres Elmarie van Dyk Hoërskool Kanonkop gegroet het om saam met haar man, Hekkie, na die Verenigde State van Amerika te emigreer, bly die skool steeds 'n besondere deel van haar lewe. Elmarie was vanaf Januarie 2007 tot Augustus 2014 deel van die Kanonkop-familie en beskryf dié tyd as die hoogtepunt van haar onderwysloopbaan. Sy vertel dat sy haar geleentheid by Kanonkop aan oudhoof Ben de Klerk te danke het, wat haar as 'n laerskool-wiskundeonderwyseres die kans gegee het om by die hoërskool klas te gee. "Hoërskool Kanonkop se personeel en leerders word uit die beste hout gekerf. Dit is 'n mengsel van baie spesiale, omgee-mense wat baie vinnig diep in my en my hele gesin se harte ingekruip het." By Kanonkop het sy Wiskunde vir graad 8 tot 10, Lewensoriëntering vir graad 10 en Rekeningkunde vir graad 9 aangebied. Sy was ook die skool se bemarker. ...
Image
'N VRIENDSKAP WAT DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN  Van Swartleeu skakelpaar tot teenstanders langs die rugbyveld Twee oudleerlinge van Hoërskool Kanonkop, wat reeds van hul laerskooldae af vriende is, het jare gelede saam rugby gespeel en staan nou as afrigters weerskante van die rugbyveld! Eduan van den Heever (nou ’n onderwyser aan Hoërskool Durbanville) en Werner Botha (onderwyser by SACS - South African College Schools) in Kaapstad is beide afrigters van hul skole se o.15A rugbyspanne. Werner Botha en Eduan van den Heever. Vriende van kindsbeen af Die vriendskap tussen Eduan en Werner strek terug vanaf hul laerskooldae tot by Hoërskool Kanonkop, waar hulle in 2006 matriek geskryf het. Vandaar het hulle ook saam by die Pukke (Noordwes Universiteit) gaan studeer. Hul loopbane het hulle later weer by skole uitgebring, met Eduan wat tans IGO by Hoërskool Durbanville aanbied en Werner wat Afrikaans by SACS onderrig. Volgens Eduan het hul vriendskap reeds in hul skooljare sterk w...
Image
Oud Swartleeu Gerhard Swarts se merkwaardige reis Vir baie mense sou ’n ernstige rugbybesering en rolstoel die einde van hul drome beteken. Vir oud-Swartleeu Gerhard Swarts, wat in 2006 aan Hoërskool Kanonkop gematrikuleer het, was dit egter die begin van ’n merkwaardige reis van deursettingsvermoë, moed en sukses. Gerhard se lewe het drasties verander toe hy in graad 9 sy nek gebreek het tydens ’n rugbywedstryd teen Hoërskool Dr. Malan van Meyerton. Tog het hy geweier om hom deur sy omstandighede, ’n lewe in ’n rolstoel, te laat definieer. “Ek ondersteun nog altyd die underdogs . Ek hou daarvan om by ’n rugbyspan te wees wat as die underdogs beskou word. Wanneer jy so ’n hoë spinale besering het, voel jy self soos die underdog . En die ander teorie is dat jy in elk geval moet slaap en wakker word, so doen iets terwyl jy nog op aarde is.” vertel hy. “Baie van die mense het my half afgeskryf, en ek het dit as motivering gebruik.” Hy sê Hoërskool Kanonkop het ’n groot invloed ...
Image
Naggholf en 35 jaar feesvieringe saam met Daniel Hoffman! Almal wonder wat aan die gang is by Hoërskool Kanonkop, want daar word gebou en gras geplant dat dit klap! Daar heers groot opgewondenheid by die skool, want op 18 September open die nuwe E-Golf Gholfakademie amptelik met 'n unieke naggholf-aand dwarsdeur die nag. Boonop kan al die skool se oudleerlinge vanaf 14:00 saam kom kuier met die 35 jaar feesvieringe wat langs die gholfakademie op die veld gehou sal word! Die immer gewilde sanger en TV-aanbieder, Daniel Hoffman, sal vir vermaak sorg. Hy het bekendheid verwerf met treffers soos: Hier by My , Soen my op my Boepensie en Doringdraad Daisies . Daniel Hoffman sal vir vermaak sorg tydens die naggholf en 35 jaar feesvieringe by KHS. Van skietbaan tot gholfakademie Oudleerling Nico Hough staan aan die stuur van die ontwikkelingsprojek van die gholfakademie. Die gholfakademie word ontwikkel op die area langs die B-veld waar die skietbaan voorheen was. Nico vertel ...
Image
  KHS GEE OM! Baba Lumieke vorder goed, maar mediese kostes hoop op Baba Lumieke is gebore! En alhoewel daar nog 'n gewas in haar hartjie ontdek is, het die een gaatjie in haar hart reeds toegegroei! Klein Lumieke Hall. Lumieke is op 7 Julie met 'n noodkeisersnee gebore. Sy het 2,785kg geweeg en is 49cm lank. Haar ouers is Alex en Johánrie Hall, albei oudleerlinge van Hoërskool Kanonkop. Reeds tydens Johánrie se swangerskap is hulle meegedeel dat Lumieke gaatjies, asook 'n gewas in haar hartjie het. Intensiewe sorg ná geboorte Kort ná haar geboorte is sy onmiddellik na die intensiewe sorgeenheid geneem, waar dokters haar vir sewe dae lank intensief gemonitor het. Verskeie toetse, waaronder EKG's, CT- en MRI-skanderings, is gedoen om haar hart en algemene gesondheid deeglik te evalueer. Lumieke is tuis! Volgens Johánrie is daar goeie nuus. Lumieke is tuis! Alex en Johánrie Hall met hul kinders Divandré (4), klein Lumieke en Zi-Jandré (6). "Dokters is baie tev...