Posts

Showing posts from June, 2026
Image
 Kultuurleier, oftewel 'Hip Hop Queen' pure goud op dansverhoog  Hoërskool Kanonkop se eie Kaitlyn Hoft het bewys dat harde werk vrugte afwerp toe sy goud losgedans het by die Dance International-kompetisie in Centurion. Die kompetisie was Kaitlyn se eerste vir die jaar, en sy het die geleentheid ten volle benut om haar talent op die verhoog te wys.  In die groepitems het hulle in albei goud verower. By Dance International word ’n goue toekenning vir punte tussen 90% en 94% toegeken. Kaitlyn het boonop ook goud vir haar hip hop-solo ontvang – ’n styl waarin sy só uitblink dat haar ma, Maryke, haar met trots die 'Hip Hop Queen' noem. Vir Kaitlyn is dans veel meer as net medaljes en toekennings. “Ek hou van dans omdat dit my toelaat om myself uit te druk sonder om woorde te gebruik. Wanneer ek dans, voel ek vry en selfversekerd. Dit help my om emosies soos vreugde, opgewondenheid en selfs hartseer op ’n kreatiewe manier te wys,” vertel sy. “Dans gee my ook die geleentheid...
Image
  Corne kom al die pad vanaf Australië vir Comrades uitdaging -Daleen Naudé ’n Oudleerling van Hoërskool Kanonkop het verlede Saterdag vanaf Australië geland om Sondag die uitdagende Comrades ultra-marathon te hardloop! Corné Viljoen, wat in 2003 gematrikuleer het, het sommer op sy vlug Durban toe die Roar se vrae beantwoord! Hy sien vreeslik uit daarna om Sondag weer die Comrades aan te pak. “Hierdie sal my derde Comrades wees. Ek het my eerste twee ( back to back ) gehardloop in 2017 en 2018.” Hy kan ongelukkig nie lank by sy ouers, Chris en Ina Viljoen, in Middelburg kuier nie en vlieg die 18de weer terug Australië toe. “Ek was in Maart/April hier gewees vir ’n vyf weke lange vakansie en om die Two Oceans te doen.” Alhoewel hy nou topfiks en gereed is vir die Comrades, meld hy dat hy glad nie sportief op skool was nie. Corné tydens 'n wedloop in Sydney (Australië) genaamd die Hoka 21.1km. As hy terugdink aan sy lekkerste herinneringe aan die skool, dan is dit bes...
Image
  In die 99ste bestaansjaar van die Comrades, gaan Nadia Connoway dit die eerste keer aandurf.                                                                                                                                        -Daleen Naudé “Ek het gereken, om nommer 99 en 100 te hardloop, sal spesiaal wees,” sê dié oudleerling van Hoërskool Kanonkop. FOTO: Nadia Connoway afgeneem net nadat sy die Loskop marathon hierdie jaar voltooi het om te kwalifiseer vir die Comrades. Die Comrades op 14 Junie is vanjaar ’n opwedloop van 85.777km vanaf Durban na Pietermaritzburg. Maar hoe...
Image
  Bid saam met ons vir baba Lumieke   Lumieke se naam beteken dat sy stralend is en lig sal voorsien. Al moet Hoërskool Kanonkop oudleerlinge Alex en Johánrie Hall se babadogtertjie vier dae na haar geboorte ’n hartoperasie kry om ’n gaatjie te herstel en ’n gewas te laat verwyder, sê haar ouers dat sy beslis “hoop sal bring.” Sy word op 13 Julie met ’n keisersnee in die Sunninghill Hospitaal gebore. Die egpaar se verhaal het aan elke Hoërskool Kanonkop personeellid en leerling se hart kom vat. “Ons bid saam met jul hele gesin”, is die boodskap wat die skool wil uitdra. FOTO: Johánrie en Alex Hall saam met hul seuntjies, Zi-Jandré (6) en Divandré (4). Kanonkop wil ook ook almal aanmoedig om so gou as moontlik bydraes te lewer vir die mediese kostes wat meer as R400 000 gaan beloop. Enige skenkings kan ’n verskil maak. Kliek net in op die onderstaande Back-a-Buddy profiel.   https://www.backabuddy.co.za/campaign/baby-lumieke-hall   ’n Gholfdag word...