Bid saam met ons vir baba Lumieke

 

Lumieke se naam beteken dat sy stralend is en lig sal voorsien.

Al moet Hoërskool Kanonkop oudleerlinge Alex en Johánrie Hall se babadogtertjie vier dae na haar geboorte ’n hartoperasie kry om ’n gaatjie te herstel en ’n gewas te laat verwyder, sê haar ouers dat sy beslis “hoop sal bring.”

Sy word op 13 Julie met ’n keisersnee in die Sunninghill Hospitaal gebore.

Die egpaar se verhaal het aan elke Hoërskool Kanonkop personeellid en leerling se hart kom vat.

“Ons bid saam met jul hele gesin”, is die boodskap wat die skool wil uitdra.



FOTO: Johánrie en Alex Hall saam met hul seuntjies, Zi-Jandré (6) en Divandré (4).

Kanonkop wil ook ook almal aanmoedig om so gou as moontlik bydraes te lewer vir die mediese kostes wat meer as R400 000 gaan beloop.

Enige skenkings kan ’n verskil maak.

Kliek net in op die onderstaande Back-a-Buddy profiel.

 https://www.backabuddy.co.za/campaign/baby-lumieke-hall

 ’n Gholfdag word ook kort voor haar geboorte op 2 Julie aangebied teen R2 500 per 4-bal span. Dit is ’n 2 Ball Alliance Scramble Drive en daar is plek vir 36 spanne.

Middelburgers kan inskryf vir die dag wat by die Middelburg Buiteklub aangebied word deur Gustav by 082 565 7692 te skakel.

Borgskappe tussen R3 000 en R8 000 (T Box en Green borge) sal welkom wees.

 

FOTO: ’n Gholfdag word aangebied om te help met die mediese uitgawes.

·       Die egpaar het hierdie week vertel van die skok toe hulle die nuus meegedeel is van Lumieke se hartprobleem tydens Johánrie se 23 weke 4D skandering.

FOTO: Die 4D skandering waar baba Lumieke se gesiggie gesien kan word. Tydens die skandering is gesien dat sy ’n gaatjie in haar hart het en dat daar ook ’n gewas in die hartjie groei.

Hulle het lank gebid vir ’n ou dogtertjie en hul twee seuntjies Zi-Jandré is (6) en Divandré (4) is net so opgewonde oor hul sussie wat kom.


 FOTO: Johánrie met Zi-Jandré is (6) en Divandré (4).

 Na die skandering is Johánrie dadelik na dr. dr. Jeff Harrisburg, pediatriese kardioloog verwys.

Alhoewel hulle ’n mediese fonds het, is die dokter en die hospitaal uitgekontrakteer.

Dit is hoekom daar dadelik begin is om fondse in te samel.

Johánrie meld dat hulle al R60 000 bymekaar kon maak. Dit is egter nog R340 000 weg van die basiese kostes.

“Ons dogtertjie groei normaal en het verlede week al 1.5kg geweeg. Sy sal ’n normale lewe lei na die operasie.”

Die dokters besluit nog of hulle die operasie deur Lumieke se lies of die tragia sal doen.

Hulle ontmoet die teaterspan nou Donderdag (11 Junie).

Johánrie is tans 31 weke swanger.

Hulle weet daar wag trauma oor hul dogtertjie se operasie wat voorlê, maar hulle plaas al hul hoop op die Groot Geneesheer wat Lumieke in Sy hand hou.

* “Dankie vir elke persoon wat al bygedra het,” is hierdie week gesê.

* Die familie pleit by almal om asseblief ook vir Johánrie te bid, aangesien sy tans hoë bloeddruk ondervind en ook bloedverdunners moet neem.

* Alex en Johánrie was van skooldae af al ’n paartjie. Hulle het in 2012 gematrikuleer.

 


FOTO: Johánrie en Alex in hul matriekjaar in 2012.

 Hulle sê hulle het net die mooiste herinneringe van hul skooldae by Kanonkop.

“Ons was nooit net ’n nommer nie... Ons was ’n naam.”

* Johánrie is ’n graad 2 juffrou by Laerskool Uitkyk en Alex ’n verkoopsbestuurder by SAC.

Hulle is inwoners van Middelburg.

 

 


Comments

Popular posts from this blog