Corne kom al die pad vanaf Australië vir Comrades uitdaging

-Daleen Naudé

’n Oudleerling van Hoërskool Kanonkop het verlede Saterdag vanaf Australië geland om Sondag die uitdagende Comrades ultra-marathon te hardloop!



Corné Viljoen, wat in 2003 gematrikuleer het, het sommer op sy vlug Durban toe die Roar se vrae beantwoord!

Hy sien vreeslik uit daarna om Sondag weer die Comrades aan te pak.

“Hierdie sal my derde Comrades wees. Ek het my eerste twee (back to back) gehardloop in 2017 en 2018.”

Hy kan ongelukkig nie lank by sy ouers, Chris en Ina Viljoen, in Middelburg kuier nie en vlieg die 18de weer terug Australië toe.

“Ek was in Maart/April hier gewees vir ’n vyf weke lange vakansie en om die Two Oceans te doen.”

Alhoewel hy nou topfiks en gereed is vir die Comrades, meld hy dat hy glad nie sportief op skool was nie.


Corné tydens 'n wedloop in Sydney (Australië) genaamd die Hoka 21.1km.

As hy terugdink aan sy lekkerste herinneringe aan die skool, dan is dit beslis die “revue-dae saam met me. Salome van Vuuren!”

Hy sê me. Sanet Griesel het die grootste invloed op sy lewe gehad.

“As dit nie vir haar was, wat my gedruk het om wiskunde op hoër graad te vat nie, sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie!”

Na skool het Corné vir rekenmeester (CA(SA)) gaan studeer by Tukkies.

“Ek is tans ’n finansiële bestuurder vir ’n maatskappy wat Workers Compensation doen vir al die steenkoolmyne in NSW. Ons sien om na die steenkoolmyners se gesondheid en veiligheid.”

Hy woon die afgelope vier jaar in Sydney, Australië.

Corné wil graag vir elke leerder van Hoërskool Kanonkop hierdie boodskap gee:

“Wees net jouself, moenie jouself met ander mense vergelyk en probeer om soos ‘hul’ te wees nie. Jy is jou eie mens soos die Here jou gemaak het. Wees trots op jouself. O ja, en spandeer minder tyd op social media! Ek moet myself nog elke dag hieraan herinner!”

As ouers ’n besluit moet neem om hul kinders in ’n hoërskool te plaas, sal hy hulle aanraai om beslis Hoërskool Kanonkop bo-aan die besluitlys te plaas.

“Hoërskool Kanonkop is ’n skool waar ’n kind sy eie drome kan uitleef en nie gedruk word om die ‘norm’ te volg nie.”

 

Comments

Popular posts from this blog