KHS GEE OM! FLASH UITREIKPROJEK MET PROPPIES! Die skole in Middelburg is uitgedaag om Laerskool Middelburg se proppieprojek te ondersteun en KHS gaan deel wees daarvan! Binne ‘n week moet ons soveel as moontlik proppies bymekaar maak om 'n seuntjie te help om die spesiaal aangepaste rolstoel kry wat hy so dringend nodig het! NET 'N WEEK OOR! Laerskool Middelburg se proppie-insamelingsprojek duur net tot 30 Julie , wat beteken ons het nog net een week om soveel moontlik plastiekproppies en -doppies bymekaar te maak! Hoërskool Kanonkop moedig al ons leerders, ouers en die gemeenskap aan om deel te word van hierdie besondere projek. Elke proppie wat ingesamel word, word aan Alma Skool oorhandig, waar dit geweeg en vir herwinning aangewend word. Spesiale vennootskap Deur 'n vennootskap met BDS Plastico koop die maatskappy die plastiek van Alma Skool. In plaas daarvan dat die proppies vir 'n gewone rolstoel verruil word, word die geld wat uit die verkoop van d...
Posts
- Get link
- X
- Other Apps
KHS is ‘ABBA-Solutely Fabulous’! The excitement is building at Hoërskool Kanonkop as the school's revue season officially gets underway on Monday! This year's production, themed 'ABBA-solutely Fabulous', promises dazzling performances, unforgettable music, spectacular choreography and plenty of entertainment inspired by one of the world's most iconic pop groups. The revue cast will spend Monday from 08:00 to 18:00 rehearsing as they prepare for what promises to be an incredible production. The excitement continues on July 31, with a special civvies day at the school to help raise funds for the revue. That afternoon, the learners will also be collecting donations during a bucket collection at Kanonkop Spar, before heading back to school for one of the highlights of the revue season – their annual overnight rehearsal. From 20:00 until 06:00, the cast will rehearse, build team spirit and put the finishing touches on their routines as they work towards creating a trul...
- Get link
- X
- Other Apps
KEN JOU AFRIGTER! Van professionele rugbyspeler tot mentor van KHS se Swartleeus Hoërskool Kanonkop vier vanjaar sy 35ste bestaansjaar en ons gee ook graag erkenning aan die personeel wat daagliks help om die skool se naam op sportgebied uit te bou. Een van daardie persone is mnr. Dirkie Strydom, die skool se sporthoof en 'n man met dekades se ervaring op en langs die rugbyveld. Mnr. Dirkie Strydom. Ervaring op hoogste vlak Mnr. Strydom se kennis en ervaring is onlangs weer op die hoogste vlak van skolerugby erken toe hy as spanbestuurder van die Pumas o/18 Cravenweekspan aangewys is. Die 2026 Cravenweek is in Gqeberha gehou en word jaarliks as die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse skolerugbykalender beskou. Sy liefde vir en prestasies op die rugbyveld strek veel verder terug as sy jare by KHS. Hy het vir 13 jaar professionele rugby gespeel en hom as een van ons land se bekende rugbyfigure gevestig. Tussen 1996 en 2001 het hy Suid-Afrika in Sewesrugby vertee...
- Get link
- X
- Other Apps
Middelburg IJKA Karate Centre makes KHS proud in Japan Hoërskool Kanonkop would like to congratulate the Middelburg IJKA Karate Centre, which entered five students into the IJKA Japan Continental Cup 2026, held in Japan during May. The SA Team with Sensei's Gene Fourie, Josef van Eeden and Christelle Fourie on the right. Unfortunately, one student withdrew due to injury. Of the remaining four students, two received medals and one achieved a fourth-place finish. The Japan Continental Cup consisted of two days of competition. Juniors competed on day one and seniors on day two. Twelve countries took part, including South Africa, Russia, Bulgaria, India, Ireland, the UK, Denmark, Australia, Israel, Italy, Japan and Sri Lanka. Middelburg’s veteran karatekas excelled, with Sensei Christelle Fourie receiving a silver medal in the Veteran Female Kata category. IJKA SA Chief Referee Christelle Fourie and IJKA Japan Chief Referee Shosuke Watanabe, showing off their medals. Sens...
- Get link
- X
- Other Apps
KHS was die grondslag vir Juan se sukses Toe Juan Swart in 2023 met ses onderskeidings aan Hoërskool Kanonkop gematrikuleer het, het hy reeds die waardes van harde werk, dissipline en integriteit verstaan. Zelri Wehmeyer, Marené Venter, Juan en Buhle Shabangu kort na hul uitslae in Januarie 2024 in die Middelburg Observer gepubliseer is. Vandag, skaars drie jaar later, het dié oudleerling reeds verskeie bestuursposte beklee en bou hy steeds voort op die grondslag wat tydens sy skooljare by Kanonkop gelê is. Juan Swart vandag. Skool vorm karakter en werksetiek Juan sê Hoërskool Kanonkop het 'n bepalende rol gespeel in die vorming van sy karakter, waardes en werksetiek. "Die skool het my geleer om tussen reg en verkeerd te onderskei, na uitnemendheid te streef en met integriteit op te tree. Dit is beginsels wat ek vandag steeds in my persoonlike lewe en loopbaan toepas," vertel hy. Lisere Enslin, Eneri Smith, Xander Barnard en Juan tydens' n pretloop wat hulle 'n ...
- Get link
- X
- Other Apps
Eerste onderhoofdogter van Hoërskool Kanonkop vertel ‘n spesiale verhaal Daleen Naudé Wie kan nog vir Gerda Fourie, die heel eerste onderhoofdogter van Hoërskool Kanonkop onthou? Vandag is sy Gerda Pringle, die hoof van 'n laerskool en vertel sy trots dat Hoërskool Kanonkop haar voorberei het vir die lewe. FOTO: Gerda Pringle (voorheen Gerda Fourie). Gerda se verhaal Die beginjare Gerda het in haar graad nege jaar by Hoërskool Kanonkop aangesluit toe die skool amptelik in 1991 begin het. Sy was in graad agt in Hoërskool Middelburg. "Ons moes nog in ons Middies klere skoolgaan vir 'n hele ruk voordat ons, ons eie skoolklere gekry het. Dit was maar 'n kleurvolle spulletjie, die graad agts van daardie jaar moes in hul laerskool se klere skool toe kom - 'n lekker bont spul." Gerda was in Laerskool Tuinplaas in Limpopo. Hulle het einde van haar graad sewe jaar verhuis nadat haar pa, Tiaan, ‘n oorplasing na Mpumalanga gekry het. Alles was nuut en daar was...
- Get link
- X
- Other Apps
KHS GEE OM! Minder as twee weke oor - help om baba Lumieke se hartoperasie moontlik te maak Oor minder as twee weke, op 13 Julie , verwelkom Hoërskool Kanonkop-oudleerlinge Alex en Johánrie Hall hul dogtertjie, Lumieke. Terwyl die egpaar saam met hul seuntjies, Zi-Jandré is (6) en Divandré (4), met verwagting die dae aftel om haar te ontmoet, wag daar kort ná haar geboorte 'n groot stryd op die klein dogtertjie. Johánrie en Alex Hall met hul seuntjies, Zi-Jandré is (6) en Divandré (4). 'n 4D skandering het getoon dat Lumieke met 'n gaatjie, asook 'n gewas in haar hartjie gebore gaan word. 'n Hartoperasie sal verseker dat sy 'n normale lewe sal kan lei. Die 4D skandering van Lumieke. Die geskatte koste vir haar geboorte en operasie beloop sowat R400 000. Hoewel Alex en Johánrie 'n mediese fonds het, is die pediatriese kardioloog wat die operasie moet uitvoer 'n uitgekontrakteerde spesialis, wat beteken dat hulle die mediese uitgawes self sal moet ...